THE LOUDEST VOICE (Reeks)

THE LOUDEST VOICE (Reeks)

Bombshell het die ware verhaal agter die val van Fox News se Roger Ailes vertel, maar uit die vroue se oogpunt wat hy seksueel geteister het. In hierdie TV-drama met ‘n uitstekende Russell Crowe as Ailes, word sy meteoriese opgang gewys. Dit waarsku wat kan gebeur wanneer mense magsbehep raak, vroue misbruik en seksueel afpers en hom aan geen kritiek steur nie.

THE LOUDEST VOICE kyk na Ailes se verwaande, selfsugtige en bombastiese optrede, hoe hy mense verniel en misbruik het, en sy uiteindelike val. Dit is boeiend, gee feite waarvan jy nie noodwendig geweet het nie, maar beeld veral ‘n selfvernietigingsproses uit. Jy sal gril en baie ontsteld wees.