The Misfits

The Misfits

THE MISFITS is so koel soos ‘n komkommer wat ‘n week lank in whiskey geweek het. Jy sluk elke toneel met eisj af, asof jy dit nog nooit tevore gesien het nie. As jy al ooit ‘n selftevrede akteur gesien het wat slaaploop van koelkop toneel na watertand toneel, is dit Pierce Brosnan. Dit gaan oor sjarmante skelms wat wil steel. Maar die ontwerpergroepie is so mooi, jy wil hulle uitknip, raam, ophang en vir besoekers sê: so lyk jou voorsate.

Jy vergeet die japsnoete gebruik diaboliese metodes om te steel. Hulle kul, mislei, laat katels ratel, verneuk mekaar met ‘n wip in die boudjies, en gebruik oëverblindery om hul doel te bereik. Ek gaap dwarsdeur sulke films, want ek voorspel die einde 10 minute nadat die film begin het. As jy met springmielies in die fliek wil laaglê, pas THE MISFITS soos Sudoku-syfers in jou vermaaklewe. Skelmstreke was nog nooit so fraai nie. Dis middelmatig, maar hier kan jy jou brein afskakel van beurtkrag en opruiende toesprake.