The Mosquito Coast (Reeks)

The Mosquito Coast (Reeks)

Hierdie reeks verduidelik hoekom die heethoofdige Allie Fox, gespeel deur Justin Theroux, so radikaal opgetree het om sy gesin op ‘n boot te laai en uit Amerika te vlug. Hulle vaar deur Mexiko op op ‘n bedenklike rivierboot om van vervolging te ontsnap. Maar natuurlik loop sake skeef.

THE MOSQUITO COAST kan werk as jy die onwaarskynlike storie glo. Dit is meer ‘n rolprent as wat dit ‘n TV-reeks is. Die struwelings tussen bedorwe Amerikaanse kinders in die wildernis, en ‘n voortgedrewe pa wat vlug, asook hulle ontmoetings met vreemde mense op die oewer, dryf die storie van klimaks na klimaks. Elke episode eindig waar jy dit die minste verwag.

Probeer THE MOSQUITO COAST op Apple TV+. Dit vereis dat jy jouself daaraan oorgee, vrede maak met die warm mense, en saam met die gesin op ‘n woeste rivier vaar.