The Patient (Reeks / Disney+)

The Patient (Reeks / Disney+)

Elke episode van THE PATIENT op Disney+ is slegs ‘n halfuur lank. Die storie is ongewoon. ‘n Sielkundige se vrou sterf. Hy is bekend daarvoor dat hy moeilike pasiënte help. Dan daag ‘n verdagte jongman met ‘n bofbalkep en sonbril op. Hy neem die sielkundige gevange, en erken dat hy eintlik ‘n reeksmoordenaar is. Hy beplan sy volgende moord. Indien die sielkundige sy eie lewe wil red, moet hy hom keer om weer te moor.

Die reeks herinner aan die fliek, SAW. Dis nie so wreed nie, maar het ‘n sielkundige invloed op die kyker. Steve Carell, wat dikwels komiese rolle speel, is uitstekend as die sielkundige, maar dis Domhnall Gleeson as die pasiënt wat jou hare laat regop staan. Die sielkundige se pogings om te ontsnap is reeds spannend genoeg, maar dis die onvoorspelbare optrede van die pasiënt wat jou eintlik ontsenu. THE PATIENT is meer effektiefas die gewone sielkundige riller.