THE PERFECT CATCH

Jy was al verlief en besluit dadelik om te trou. Op die vooraand van die troue by ‘n henne- of rampartytjie, aangehelp deur Bacchus se voggies, spog jy by jou vriende: my aanstaande was die perfekte vangs – the perfect catch. En jy weet hoe jaloers almal is op jou volmaakte vangs. Of so dink jy. Het dit al met jou gebeur? Dan is THE PERFECT CATCH vir jou. Verlede week het ‘n fliek oor boks begin, die briljante CINDERELLA MAN, en dié week ‘n fliek oor BOFBAL… dalk nie ‘n sportsoort wat so bekend soos rugby en sokker en boks is by Suid-Afrikaners nie. Maar THE PERFECT CATCH gaan nie net oor bofbal nie. Dit gaan ook oor liefde. Maar in hierdie geval focus dit op ‘n meisie, Drew Barrymore, wat haar geliefde (Jimmy Fallon) met sport moet deel. Hy’s ‘n leunstoel-sportman wat sy Saterdag sport vir niks ter wêreld sal opgee nie. Dadelik is daar ‘n koor grasweduwees wat saamsing: “Sela, broer, sela! Ons weet presies waarvan jy praat. Die manne bondel Saterdae voor die TV saam of bond langs die rugbyveld, en ons moet sien kom klaar.” Dan is THE PERFECT CATCH veral vir grasweduwees. Maar die manne kan ook maar skoorvoetend saampiekel. Want hierdie romantiese komedie sal hulle lekker in hulle rugbymoue laat lag met ‘n” “Ai, boet, ja swaer… dis mos hoe dit gaan! Net jammer die vrouens verstaan dit nie! Terloops, kom ons Saterdag bymekaar vir die naweek se groot game?” Al julle ouens kan ook gaan kyk. THE PERFECT CATCH kom uit dieselfde stal as THERE’S SOMETHING ABOUT MARY, naamlik Farrelly Broers. Nou weet ek die manne verwag weer ‘n grap oor haarjel in die hare en wulpse meisies wie se rokkies wipas hulle ondeunde grappe vertel. Maar die Farrelly Broers het kalmeer. Vir hulle gaan dit NOU oor die toetse wat die liefde moet deurstaan veral as ‘n bal in gedrang kom. FEVER PITCH is resepmatig. Die resep is voorspelbaar maar die lekkerte lê sommer ‘n vinger dik, veral in die ontdekking van die grappe en lekker kinkels in hierdie liefdesverhaal. As die voorletters tussen jou naam en van “S.P.O.R.T.” is, is THE PERFECT CATCH vir jou. Hy sal die bal met uitbundige komedie tussen jou vermaaklikheidspale deurklits.