THE PUNISHER

Tom Jane van STANDER-faam speel die rol van ‘n tawwe agent wie se gesin deur ‘n booswig, John Travolta vermoor word. Het Hollywood nog nie geleer nie? As Travolta ‘n boosdoener speel, flop die fliek. Dink aan Battlefield Earth! THE PUNISHER is meer resepmatig as jou ma se melktertresep. Daar is nie ‘n oorspronklike breinsel nie! Vir die meisies is daar macho spiere om na te kyk, en vir die ouens wilde jaagtogte, dosyne skuim wat in die naam van vermaak die gees gee en gruwel-geweld. Daarom is die beperking 16. Anders as ander strokies, en ek hét ‘n PUNISHER-strokie onder oë gehad, is die fliekbeelde en die strokiesketse nie in dieselfde styl nie. Ek sou vir video of DVD wag. Dan sou ek ‘n paar pelle naderhark, ‘n moewiese pak springmielies laat uitpop, laaglê en uitchill. Dan maak die fliek mos nie soveel saak nie. THE PUNISHER kry 5 uit 10 – ‘n teleurstelling.