The Recruit (Reeks / Netflix)

The Recruit (Reeks / Netflix)

Noah Centineo het elke moederhart geroer en vroue laat swymel in To All The Boys I’ve Loved Before. Nou speel hy ‘n CIA-prokureur wat gebruik word om dié organisasie se uie uit die slaai te krap, want ‘n voormalige werknemer dreig om geheime uit te lap tensy sy bevry word uit haar huidige benarde situasie.

Dis inspanninglose vermaak – die soort reeks waar jy die raampie soms kan vries om ietsie te drinke te kry, en dan verder te kyk. Daar is aksie wanneer daar te veel gepraat word, en boonop lekker humor, want Centineo as Owen Hendricks beland in benarde, lomp situasies.