THE SEA INSIDE

THE SEA INSIDE het die Oscar vir beste buitelandse rolprent bo YESTERDAY gewen. Dis die ware verhaal van Ramon Sampedro, Javier Bardem, wat op ‘n jeugdige ouderdom permanent verlam is. Hy was ‘n sportiewe avonturier. Hy bring die res van sy lewe in die bed deur en kan net sy kop draai. Hy kyk uit die bed na die see. Dan besluit hy om selfmoord te pleeg. Maar die regering weier. Die rolprent gaan oor sy pogings om die genadedood toe te pas met waardigheid. Soos jy uit die beskrywing kan aflei, is dit ‘n bedeesde, donker, somber rolprent wat nie op vermaak ingestel is nie. Dit raak egter nooit staties nie en ‘n mens voel die hele tyd VIR die karakter. Maar dis ‘n lang en moeilike sit. NET aanbeveel as jy jou kunsrolprente ernstig opneem en jy briljante spel wil sien. THE SEA INSIDE.