The Secret Of The Greco Family (Reeks / Netlflix)

The Secret Of The Greco Family (Reeks / Netlflix)

Op die oog af lyk THE SECRET OF THE GRECO FAMILY (EL SECRETO DE LA FAMILIA GRECO) na ‘n redelike sliertige, sieserige drama. Sliertig is inderdaad die wagwoord, want die familie wat by ontvoeringsake betrokke geraak het, was maar aan die verkeerde kant van die treinspoor.

Dis op die waarheid gegrond, en gaan oor ‘n strak, moeilike pa in Mexiko wat sy seuns aanmoedig om hulle ryk vriende te help ontvoer, hulle aanvanklik in die badkamer opsluit en dan ‘n losprys eis.

Dit word so lomp uitgevoer dat ‘n mens beswaarlik kan glo dis op die waarheid gegrond, maar dan raak dit regtig ernstig… Die hoofakteur, Fernando Colunga, wat die pa en meesterbrein speel, is te jonk vir die rol . Hy lyk of hy met grimering onoortuigend verouder is, maar sy seuns, veral Manuel Masalva as die saggeaarde Andrés met die gewete, dryf die reeks eintlik voort.

Die reeks sal jou in verstomming laat oor die vermetelheid en wreedheid. Dis doodgewoon, donker en sonder glans gemaak. As jy van realistiese ware dramas hou, kyk dit.