The Sinner (Reeks)

The Sinner (Reeks)

THE SINNER se derde reeks is beter as sy voorgangers. Dis soveel meer as net ‘n speurder wat ‘n verwarde genie probeer vastrek voordat hy nog mense doodmaak. Bill Pullman is puik as die doodgewone speurder met demone in sy kop, maar Matt Bomer as die slim, maar verskeurde psigopaat is nuuskierig oor wat gebeur die oomblik wanneer ‘n mens doodgaan. Hy het ook ‘n ongekende charisma. Hy bevraagteken die mens se, volgens hom, nodelose vrees vir die dood. Daarom moor hy en laat homself selfs lewendig begrawe. Jy sal begin kyk na THE SINNER se derde reeks, en dan vasgevang raak, want die storie staan op sy eie bene. Dit sal jou twee keer laat dink oor wat ná die dood wag. Dis onmisbaar, maar senutergend en sielkundig ontstellend.