The Sister (Reeks)

The Sister (Reeks)

Ons noem hom sommer oortjies, want hierdie aantreklike rolprentster het die grootste paar bakore in Engeland, maar kán die man toneelspeel! Ek praat van Russell Tovey wat in THE SISTER die rol van ‘n doodnormale man speel, wat in buitengewone omstandighede beland. Sonder om te veel te verklap – ‘n vrou sterf na ‘n partytjie, en oortjies was skynbaar betrokke. Is sy vermoor, of het hy haar net help begrawe?

Dan word ‘n nuwe geboue-ontwikkeling beplan, en die gebied gaan omgedolwe word. Die ander jafel wat betrokke was, vra vir Tovey om hom te help om die lyk te verskuif.

THE SISTER is beslis spannend. Mens kyk vasgenael hoe oortjies hom uit hierdie dilemma gaan wikkel.

THE SISTER op Britbox is gemiddelde spanningsvolle vermaak.