The Sixth Commandment (Reeks)

The Sixth Commandment (Reeks)

Die briljante THE SIXTH COMMANDMENT op Showmax is ‘n minireeks wat op die waarheid gebaseer is. Dit gaan oor ‘n reeksmoordenaar só uitgeslape, dat hy alle logika troef. Die reeks is opgedra aan sy slagoffers.

As jy nie weet wat die sesde gebod is nie, slaan dit na, want dit gee ‘n leidraad waaroor die reeks gaan. Die rede vir die titel is omdat die moordenaar godsdiens en die tien gebooie gebruik om sy wandade te regverdig.

Sonder om te veel te verklap, gaan dit oor ‘n buitengewoon geslepe en gevaarlike psigopaat wat moorde in Engeland gepleeg het waarvan niemand hom verdink het nie. Dis al wat jy hoef te weet. Dit is só fassinerend en pakkend, jy sal nie kan wegkyk nie. Stel dit op die proef. Jy sal nie glo wat jy sien nie. Dit maak ‘n mens banger as enige eksplisiete uitbeelding van moord.