The Sons of Sam: A Descent into Darkness (Reeks)

The Sons of Sam: A Descent into Darkness (Reeks)

‘n Joernalis, Maury Terry, glo nie dat David Berkowitz alleen vir die moorde verantwoordelik was nie. Hy vermoed ook die psigopaat se verskoning, dat sy buurman se hond vir hom gesê het om mense sinneloos te vermoor, ‘n klugspel was. Wat het werklik gebeur?

In die vier episodes van THE SONS OF SAM: A DESCENT INTO DARKNESS ondersoek Terry in dokumentêre styl wat hy dink regtig gebeur het. Flink, vinnig, brutaal.  Maar die ergste is, hy praat ook met die onlangse bejaarde Berkowitz in die tronk, wat erken dat Terry die waarheid beet het en dat nie net hy vir die moorde verantwoordelik was nie.

As jy van ware misdaad hou wat goed en met verantwoordelikheid gedoen is, is THE SONS OF SAM: A DESCENT INTO DARKNESS vir jou… as jy die moed het.