The Tinder Swindler

The Tinder Swindler

Maak nie saak waarheen jy gaan nie. Almal vra met net sulke groot oë: “Het jy al THE TINDER SWINDLER gesien?”

Weerlose vroue soek op die Tinder-app op hulle fone na oulike ouens. Sommige kom op manne af wat Ma se hart sou vermurwe, ander op swendelaars met ontwerperstoppels. Veral Noorweegse meisies se vinger gly gemaklik na regs wanneer hulle Simon Leviev sien. (Sy regte naam is glo Simon Hayut) En dis waar die liefde sommer bollemakiesie slaan, want hy is ‘n swendelaar van die eerste water. En woerts! swendel hy weerlose vroue uit al hullw geld. Van hulle speel bankrot en verkoop selfs hulle huise om hom te help. Jy sal verbaas vra: “Hoekom het die dames nie van die begin af ‘n muishond geruik nie? Huh?” Hoekom hom vir maande lank toelaat om hulle geld te vat, dreigende WhatsApps na hulle stuur en sy korrespondensie met talle hartjies versier?

Niemand kan glo dat hy so lank daarmee weggekom het nie. As jy oorbluf na ‘n dokkie wil staar wat op die waarheid gegrond is, kies THE TINDER SWINDLER op Netflix. Hy het vroue uit $10-miljard geswendel. Wag tot jy sien wat op die einde gebeur…