The Tower (Reeks / Britbox)

The Tower (Reeks / Britbox)

Die Britte weet darem hoe om seepgladde misdaad-spanningsdramas te maak. Jy word meegevoer, geboei, bevraagteken alles wat gebeur en neem saam aan die ondersoek deel, so onderhoudend word THE TOWER vertel.

In die reeks val twee mense na hulle dood van ‘n hoë toringgebou af. Een van hulle is ‘n polisieman wat nie nét op die rand van die gebou gestaan het nie, maar wat ook op die rand van aftrede was. Wat het gebeur?

Met absolute presiesheid en ‘n storie wat stadig maar deeglik ontvou, beeld hierdie donker reeks ‘n dapper polisievrou se ondersoek uit. Dit verras dikwels, en dis moeilik om die einde te voorspel, tensy jy verby die vals leidrade kyk en logika behou. THE TOWER word aanbeveel as jy van goeie, ekonomiese en spannende misdaaddramas hou.