The White Lotus (Reeks / Showmax)

The White Lotus (Reeks / Showmax)

‘n Klomp skatryk mense, wat nie weet wat om met hulleself aan te vang nie, beland op Sisilië, en verval in meer intriges as wat die koninklikes ooit kan beland. Onthou net, THE WHITE LOTUS se tweede reeks het baie naaktheid en sekstonele, want dit  gaan hier meer oor wie gaan in wie se kooi laat beland as iets anders.

O ja, die eintlik storie, verseker die skepper en regisseur Mike White ons, is: Wie gaan vermoor word? Sonder om iets te verklap, maar die lyk wat in die water gekry word se storie is so vergesog, mens lag lekker in jou mou daarvoor. Maar “lekker” is dalk die wagwoord hier. Want THE WHITE LOTUS reeks 2 is so lekker soos om jou dieet met ‘n lekker sondige poeding te verbreek. Kyk sommer reeks 1 ook as jy verslaaf is aan die Lotus-rykes.