The Woman King (Apple TV+)

The Woman King (Apple TV+)

Sy is ‘n formidabele vrou. ‘n Vreeslose vegter wat dikwels vroualleen ‘n oorweldigende weermag aandurf en oorwin. THE WOMAN KING is op die waarheid gegrond, en gaan oor die brawe bevelvoerder, Nanisca, uitmuntend gespeel deur Viola Davis, wat ‘n groep vrouekrygers oplei om teen slawerny te veg. Die gevegstonele is asemrowend gechoreografeer, en ‘n mens voel midde-in die stryd, só realisties is dit. Dit demonstreer ook hoe patriotisme en ‘n sin vir geregtigheid ‘n hele nasie kan bemoedig om teen onderdrukking te veg. Vroue oorwin!

Die opleidingstonele alleen is die moeite werd om te kyk, maar dis die kameraderie tussen die vroue, die onverskrokke optrede en die wyse waarop die meisies hulle slag slaan wat bewys hulle kán dit doen, wat van THE WOMAN KING ‘n besondere rolprent maak waar die aksie inhoud en diepte het.