This England (Reeks / Showmax)

This England (Reeks / Showmax)

THIS ENGLAND se titel laat jou reeds vermoed: dit speel in ‘n politieke landskap af. Ja, dit gaan oor hoe Boris Johnson aan bewind gekom het, sy Engeland deur Brexit gelei het met bombasme, arrogansie en voortvarendheid, en hoe hy die Coronavirus-pandemie hanteer het. Ook hoe dit tot sy val gelei het. Kenneth Branagh is absoluut oortuigend as Johnson. Ongelukkig word groot dele van die eerste episode gewy aan mediese feite oor die pandemie, en leer ons nie so baie oor Johnson as wat mens verwag nie. Maar THIS ENGLAND is ‘n goeie herskepping van daardie periode en Johnson se rol as ‘n bulhond van ‘n viriele eerste minister.