This Is Not a Burial, It’s a Resurrection

This Is Not a Burial, It’s a Resurrection

THIS IS NOT A BURIAL, IT’S A RESURRECTION is in Lesotho gemaak, en handel oor ‘n 89-jarige vrou, gespeel deur Mary Twala, wat daagliks moet toesien hoe haar voorvaders se grond  vernietig word wanneer hulle beplan om ‘n dam te bou. Wat word van die grafte?

Terloops, om die 89-jarige Mary Twala as aktrise daagliks na die terrein sonder paaie te vervoer waar die rolprent geskiet is,  moes verskillende spanne groot, sterk bulle van manne haar teen hoë berge op abba in sodat sy haar tonele bo kon doen, en dan vir ure weer af abba voor sononder – dis hoeveel toewyding dit geverg het. En sy het nooit gekla nie. Op 89!

Dis ‘n besonderse, byna woordelose spirituele, stil, skroeiende onthutsende  ervaring, baie in die tradisie van Nomadland, waar ‘n briljante Sotho-regisseur, Lemohang Jeremiah Mosese, speel met kleur, komposisie, stilte, tragedie, onontginde landskappe, woordelose weersin, hartseer en skok. Dit gaan uiteindelik oor ‘n opstanding van die gees en van tradisie.

Die rolprent is kos vir die Suid-Afrikaanse rolprentsiel.