tick, tick…BOOM!

tick, tick…BOOM!

Stephen Sondheim, die bekroonde lirieke-draaiboek-skrywer-komponis en soms akteur, is verlede week op 91 oorlede. Daar was talle huldeblyke aan die geniale komponis wat die lirieke vir die oorspronklike West Side Story geskryf het. Hy verskyn vir oulaas op kamera in tick, tick… Boom! wat gaan oor sy mentorskap vir die skepper van die verhoogstuk Rent, Jonathan Larson, wat ook oorlede is. Sy melancholiese tick, tick… Boom! destyds op die verhoog kom onder die soeklig.  Die titel suggereer hoe die sekondes in Larson se kop afgetel is tot by Rent.

Tick, tick… Boom! as film kan nou gestroom word op Netflix. Enigiemand wat al ooit probeer skep het, ken die hel van iets uit jou kop op papier, televisie of die silwerdoek kry. Niemand weet waardeur jy worstel nie, veral nie die depressie nie. Hierdie film ontleed die skeppingsproses filmies ten volle deur Lin-Manuel Miranda.

Dit geld natuurlik enigiemand wat al enigiets probeer skep het en hom of haarself vasgeloop het teen brutale verwerping. Andrew Garfield speel Jonathan. Maar die boodskap is: Maak nie saak hoeveel deure in jou gesig toegeklap word nie, later skop jy hulle oop. En Sondheim het Larson gementor. Dit is hipnoties-inspirerend.