Tracker (reeks)

Tracker (reeks)

TRACKER op Disney+ is ‘n lekker vraatkykreeks wat sommer so oor jou vloei soos vla oor ‘n malvapoeding. Dit gaan oor ‘n aantreklike jong man met ‘n lyf wat gebou is om verskeie vuishoue te weerstaan. Dié slag behoort dit aan Justin Hartley wat jy sal herken van This is Us op TV. Hy spoor mense op wat verdwyn het. Hy woon in ‘n karavaan wat hy met hom saamsleep, want mense verdwyn  mos nie altyd net uit een dorp nie. En natuurlik is die meisies mal oor hom, en is daar een pragtige poppedoeksie wat sy oog vang.

Ag, dis sommer net gemiddelde, algemene, gemaklike pret soos om jou gunsteling koeldrank te drink, of dalk met ‘n knertsie iets sterkers in jou hand voor die televisie te sit. Dis daardie soort reeks.