Trouble (rolprent / Dstv Box Office)

Trouble (rolprent / Dstv Box Office)

‘n Vriendin sê onlangs: “Ek kan nie nog een keer na A Spoonful of Sugar uit Mary Poppins se versiersuiker-mondjie luister nie, maar my vierjarige raak aan die grens as ek dit afsit.” Daardie einste vierjarige sal nie dieselfde puik animasiegehalte kry met TROUBLE nie, maar daar is tog koddige oomblikke.

Die storie is nie juis oorspronklik nie. ‘n Stoute brakkie (alle animasiebrakke is gewoonlik mistroostig gefrustreerd) beland in die triestige werklikheid. Hoe moet Brakanjan dit hanteer? Deur nog stouter en meer spitsvondig te raak! En dit gee ook vir die animeerder ‘n beter geleentheid om nog meer uitspattige prentjies te teken. Dis presies wat in TROUBLE gebeur. Pa en ma mag dink: “waar is Mary Poppins as mens haar nodig het?” maar jou jongste spruit popel dalk hieroor.