TWO FOR THE MONEY

TWO FOR THE MONEY met Matthew McConaughey en Al Pacino draai om die sterbeelde van sy supersterre. Dit gaan oor twee paloekas, sjarmant maar gevaarlik, wat die uitslae van sportwedstryde voorspel en geld maak in die proses. Dit is eintlik ‘n DVD-fliek. Jy betaal nie R38 daarvoor nie. Jy wag tot jy dit in jou voorkamer kan kyk. Die styl is maar taamlik traag, TWO FOR THE MONEY boei nie eintlik nie en selfs McConaughey en Pacino kan nie alles bymekaar hou nie. Dis soos om na jou gunsteling rugbyspan se wedstryd te gaan kyk, en uit te vind ‘n nuwe span speel in hulle plek. TWO FOR THE MONEY is erg gemiddeld.