Upgraded

Upgraded

UPGRADED op Prime Video gaan oor ‘n pragtige meisie (Camila Mendes) wat vir ‘n afslaer werk. Sy word Parys toe gestuur, en soos die duiwel dit wil hê, word sy opgegradeer na eersteklas op ‘n vliegtuig.

Ja, jy weet wat gaan gebeur. Sy ontmoet ‘n gespierde, aantreklike plesiertier vol giere… soos wat hulle altyd in die flieks is, sjarmant gespeel deur Archie Renaux. Hulle word na mekaar toe aangetrek soos kribnotas na ‘n eksamenvraestel. Sy jok natuurlik vir hom oor wie sy is. En dit kom haar duur te staan.

Wat met die ontwerper-paartjie onder die Eiffel-toring gebeur? Kyk na UPGRADED en alles sal geopenbaar word. Met akkordeon, lakenkaskenades en vernuftige leuens. Dis prettig en skadeloos.