VALIANT

VALIANT is ‘n tekenprent vir kinders. Maar ek is nie so seker of hulle so baie daarvan sal hou nie. Dis nie SHARK TALE of THE INCREDIBLES nie, en is meer op volwassenes ingestel. Dit speel gedurende die Tweede Wêreldoorlog af en gaan oor ‘n klein duifie wat gevaarlike kodeboodskappe oor die bewegings van die vyand aan die Britte aflewer. Maar sal die vyand se wrede valk-brigade hom dalk vang en doodmaak?

Ek weet ‘n mens gebruik die woord PIKANT net saam met kos of wyn, maar VALIANT is ‘n pikante rolprent vol avontuur, lewenswysheid, asemrowende avonture en ‘n dramatiese storie. Die kleintjies sal dalk daarvan hou om prentjies te kyk, maar volwassenes sal meer aanklank vind by VALIANT. Maar jy kan jou kinders daarby aflaai.