Venom: Let There Be Carnage

Venom: Let There Be Carnage

VENOM: LET THERE BE CARNAGE is ‘n vervolg op 2018 se Venom, waar die aantreklike Tom Hardy ‘n uitgroeisel aan sy liggaam het, wat ‘n wrede alien met moewiese slagtande laat verskyn. Tot ‘n ander bose alien ‘n reeksmoordenaar se liggaam oorneem en verwoesting saai. Dis wetenskapfiksie op sy wreedste, maar Tom Hardy bring ‘n donker komiese balans. Pas op! VENOM: LET THERE BE CARNAGE is meer raserig as ‘n tienerpartytjie en is bloedstollend wreed, maar ideaal vir tieners bo 16 en liefhebbers van fantasie en wetenskapfiksie of bewonderaars van die vorige rolprent. Dié fliek het wrede slagtande.