Wednesday (Reeks / Netflix)

Wednesday (Reeks / Netflix)

Julle ken die liedjie oor Wednesday’s Child. Sy is mos a child of woe. In die reeks, WEDNESDAY, neem Tim Burton die rare Addams-familie se storie verder. Hulle het terloops in 1938 in koerante as ‘n strokie begin. Burton konsentreer op die melancholiese, stroewe dogtertjie, Wednesday. Sy arriveer in die Nevermore-skool, vernoem na Edgar Allen Poe se The Raven, en neem die skool op die duiwel se horings.

Jy hoef nie te wonder of dit dan ‘n duiwelse reeks is nie. Wednesday is ‘n gitswart, skreeusnaakse komedie, waar ‘n rebelse, befoeterde dogtertjie ‘n skool omkeer en die onheil ontmasker wat daar broei. Maar in die hande van die slim Tim Burton word dié TV-reeks iets besonders. WEDNESDAY is verrassend anders, oorspronklik en snaaks.