Willow (Reeks / Disney+)

Willow (Reeks / Disney+)

Die reeks WILLOW is gebaseer op die destydse rolprent wat gery het op die golf van fantasieflieks wat die wêreld destyds getref het. In daardie fliek het twee dapper manne die wêreld gered van ‘n bose koningin. Maar net toe hulle gedink het hulle bestaan het weer in sinchronisasie met die natuur en die noodlot geval, is ‘n boosheid weer opgewek wat Willow weer eens moes aangedurf het.

Die reeks hoef glad nie vir die klassieke rolprent terug te staan nie, want, al sien ’n mens dit op die klein skermpie, is dit net so asembenemend mooi verfilm as die rolprent. Maar dié slag met meer gevorderde tegnologie, ‘n langer, meer verwikkelde storie, groter realistiese gevegte en ‘n reeks gebeure wat veral kinders mag fassineer.

WILLOW met Warwick Davis, kan daardie gevreesde tienerverveeldheid die hoof bied met groter-as-die-lewe-self-avonture en ‘n lewensles wat selfs jonges mag inspireer en ‘n bietjie laat nadink.

WILLOW is gemaak vir luilekker lang vakansiedae en -weke.