WIMBLEDON

Dit is, soos SHALL WE DANCE, ‘n tipiese Hollywoodfliek wat HARD probeer om sy gehoor tevrede te stel.

WIMBLEDON gaan oor ‘n temperamentele tennisspeler wat 119e op die wêreldranglys is. Dan sien hy vir Kirsten Dunst in ‘n kort tennisrokkie en die man se koerasie skiet sommer op na nommer 1! Hy word wêreldkam-pioen! Wat ‘n paar mooi bene nie regkry nie. Maar sal die verhouding slaag?

WIMBLEDON moes reguit video toe gegaan het. Jy sit daar en jy dink: ja, lekker, vermaaklik, kunsmatig boeiend en snaaks. Ek het dit op ‘n vliegtuig gesien… en dis waar WIMBLEDON hoort. Jy geniet dit tussen jou tamatie-sap, vliegtuigkos en die snorkende passasier langs jou en mis niks. 6 uit 10.