YESTERDAY

Dis ‘n prag-plaaslike fliek in Zulu met byskrifte. Die storie is universeel en treffend. Ondersteun ‘n goeie tuis-gemaakte fliek. Dis professioneel met herkenbare karakters en gaan oor ‘n vrou wat ontdek sy het Vigs. Wanneer haar man wat haar Vigs gegee het, tuiskom, verwerp die gemeenskap hulle as gevolg van onkunde. Sy bou vrou-alleen vir hom ‘n huis in die veld waar sy hom onverstoord kan versorg. Daar is GEEN politiek by betrokke nie. Dit gaan oor ‘n vrou se dappere pogings om haar waardigheid te behou, haar geveg teen VIGS vol te hou en die wyse waarop sy haar dogtertjie probeer grootmaak. Leleti Khumalo is YESTERDAY wat ek sterk aanbeveel MET 7 uit 10.