Young Royals (Reeks)

Young Royals (Reeks)

Ja, ek mens wag vir die gewone klagtes van “ek kyk na ‘n fliek, ek lees dit nie,” maar omdat ons deesdae so in ons voorkamers vasgekluister sit, moet ‘n mens jou horisonne soms meer verbreed as om met na gespierde vleispaleise en swaar gegrimeerde toetsies te kyk wat net seks en hormone op die brein het.

Die Deense reeks, YOUNG ROYALS, handel oor die kroonprins van Denemarke wat ná ‘n rebelse voorval, na ‘n ander skool oorgeplaas word. Daar ontmoet hy iemand wat sy lewe verander, en maak hy vrede met sy seksualiteit.

YOUNG ROYALS is beslis net vir ‘n gesofistikeerde smaak, en delf diep in die Deense kultuur, veral die jeugkultuur, en wys dat sommige heersers dikwels hulle seksualiteit moet opoffer vir hulle land. Met sy bedaarde, onsensasionele  styl en rustige regie vertel dit ‘n tienerskoolverhaal op ‘n heeltemal ander manier. Dit mag jou TV-kykpatroon ‘n bietjie verander en verryk.