Your Place or Mine (Netflix)

Your Place or Mine (Netflix)

Dink aan al die clichés: “Jou plek of myne?” “Sien ons mekaar voor, gedurende of na die koffie?” “Is dit seer waar jou vlerkies afgebreek het toe jy uit die hemel getuimel het?” Ja, jy ken hulle.

YOUR PLACE OF MINE is ‘n bekende cliché. En ss Reese Witherspoon en Ashton Kutcher die oogappelpaartjie is wat langs mekaar in die bed lê en wulpse ogies maak, is jou plekkie seker al voor die skerm bespreek. Dis een van hulle gewildste films. En selfs as suur resensente soos ek jou waarsku dat dit so voorspelbaar soos beurtkrag is, mag jy hoop jou sonpanele hou om die hele fliek te sien.

‘n Getroude paartjie gaan uitmekaar. Wanneer die sonnige meisie met die sonneblom-glimlag vir ‘n rukkie nié na haar seuntjie kan omsien nie, vra sy haar eks om hom op te pas. Julle weet wat gaan gebeur. Ou liefde vlam weer op en talle sonneblomme glimlag met oop bekkies sonder tande vir jou.

YOUR PLACE OF MINE was vir my vrek vervelig, maar jy mag jou TV-skerm bo my waarskuwing verkies.