ZATHURA

“Nou wat moet ons met die kinders maak?,” hoor ek jou vra. Jy’t nog nie een fliek genoem wat geskik is vir kinders nie. Wel, ZATHURA open ook vandag. Hier moet ouers kinders onder 10 vergesel want sommige beelde kan dalk bietjie kitaar speel met die ou heel kleintjies se senuwees. Dis nogal soos in HARRY POTTER. ZATHURA is ‘n speletjie wat twee boeties, wat aanhoudend baklei, in hulle huis ontdek. Wanneer hulle die speletjie begin speel, word hulle huis ruimte toe gelanseer en daar dryf hulle rond en probeer terugkom aarde toe. Dis baie soos JUMANJI. ‘n Loslyf, straatwys, koel ruimtereisiger dude kom tot hulle redding.

ZATHURA is vet pret. Dit sal die kinders vir 90 minute ademloos besig hou terwyl hulle probeer om SELF planne uit te werk om te ontsnap. Daar’s komedie, daar’s drama, daar’s monsters wat darem nie te lelik is nie, daar’s spesiale effekte en daar is kameraadskap. ZATHURA… net reg vir kinders, maar ouers moet kinders onder 10 vergesel.