20:00 - 21:00

Oppiradio

Met Haidee Muller-Isaacs

Nou op die lug: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Volgende: 21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

21:20 - 23:00

Skud dit met Reggie Philander!

Met Reggie Philander

Tuis | Foto's | Bou brûe in Venesië

Bou brûe in Venesië

Ingestuur deur: Amore Bekker

Gesien: 619

BOU BRÛE is ‘n beeldhouwerk deur die kunstenaar, Lorenzo Quinn, wat hy ter viering van Venesië se 58ste Biennale in 2019 onthul het. Dit bestaan uit ses pare arms, wat die kom van die Arsenale, ‘n kompleks van 12de eeuse skeepswerwe in die Castello-distrik, oorbrug. Die hande is gemaak van hars, en is wit sodat dit soos Venesië se kenmerkende marmer te lyk. Die hande is in die middel saamgevoeg en hulle verteenwoordig ses van die mensdom se universele waardes – vriendskap, geloof, hulp, liefde, hoop en wysheid. Volgens die kunstenaar simboliseer hulle mense wat saamkom om verskille te oorkom en ‘n beter wêreld te bou. Die hande is 15 meter hoog en 20 meter breed. Die beelde sluit ‘n kinderhand in, en dié van die beeldhouer en sy 86-jarige skoonma.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: