13:05 - 14:00

Top Treffers

Met Carla Mackenzie

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Willem Viljoen

Volgende: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Tuis | Foto's | Curiosity neem eerste foto’s van sonstrale op Mars

Curiosity neem eerste foto’s van sonstrale op Mars

Ingestuur deur: Amore Bekker

Gesien: 1976

Foto’s van ‘n sonsondergang op die aarde is algemeen – min fotograwe kan die mooi skemerlug weerstaan. Nou het die Nasa-verkenningstuig, Curiosity, ‘n uitsonderlike sonsondergang op Mars afgeneem. Curiosity verken die Rooi Planeet al sedert 2022, maar hy is meestal op die terrein gefokus. Vir ‘n nuwe reeks foto’s het hy sy kamera lug toe gemik en die sonstrale afgeneem wat bo die horison deur die wolke skyn. Die lug is nie rooi of geel soos hier op aarde nie. Dit is omdat die klein deeltjies in ons atmosfeer sonlig in die afsonderlike kleure van die reënboog afbreek, met die rooi en geel lig wat meestal by ons oë uitkom. Op Mars is die atmosfeer heelwat minder (met minder deeltjies in) wat beteken die lig lyk baie witter. Dit was volgens spanlede van Nasa die eerste keer dat sonstrale so duidelik op Mars gesien word. ‘n Ander foto wys ook mooi wolke in die vorm van ‘n veer. Wetenskaplikes gaan dié foto’s nou bestudeer om die weerpatrone en -toestande op Mars beter te verstaan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: