10:00 - 10:05

Nuus

Nou op die lug: 10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 11:00 - 11:05

Nuus

11:05 - 11:45

Saterdagresep

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Foto's | ‘n Hemelse hart

‘n Hemelse hart

Ingestuur deur: Amore Bekker

Gesien: 4700

Liewe Amore, Ons seun, Roelof, wat 13 jaar in London gewoon en gewerk het, het skielik op 1 Julie aan ‘n hartaanval gesterf. Hy het vir homself gewerk en dit was ‘n gewone Vrydag. Eenuur die Vrydagmiddag het hy ‘n ambulans gebel, omdat hy al die  simptome van ‘n hartaanval gehad het. Hy was in sy woonstel. Hy het nie ‘siek’ genoeg geklink nie, want die ambulans, wat oppad na hom toe was, het van rigting verander om ‘n ander noodgeval te gaan help. ‘n Halfuur later het hy weer gebel. Terwyl hy met hulle praat, het hy gesê hy is duiselig. Hulle hoor toe ‘n slag. Hy het geval en binne minute gesterf. Toe skielik kon daar 5 ambulanse na sy woonstel toe jaag, die brandweer, om die deur oop te maak, maar dit was te laat. Hy het in elk geval die deur oopgesluit met sy eerste oproep.  In die halfuur wat hy gewag het, het hy sy laaste whatsapp vir ons gestuur: Lief vir julle.❤ Ons ding was harte, groot en klein hartjies. Altyd. Ons is deur ‘n baie slegte tyd. Ons het sy woonstel gaan oppak in London en met groot pyn en hartseer deur elke dag geworstel, al is ons absoluut oorlaai en toegevou met liefde, kos en blomme. Na 9 maande het ek besluit ons moet net ‘n bietjie  wegkom. Ek bespreek ‘n huisie op ‘n plaas anderkant Montagu waar daar geen tv of selfoonsein is nie. Sondag, 2 April ry ons Montagu toe.  Ons eet gou ietsie by ‘n padstal en halfeen draai ons links in die Keisie vallei se kloof. Dis doodstil, ‘n pragtige dag en ons kry geen ander motors op die pad nie. Skielik sê Maryke, ons dogter, KYK die HART! Ek weet nie waar om te kyk nie, maar ek sien dit en roep ook uit: KYK die HART! Hier in die stil kloof met sulke sagte bobbel wolkies sit ‘n groot spierwit hart met ‘n blou-lug-streep om dit getrek!  Dis asof die hart in die wolke met ‘n vinger getrek is en die wolk binne lyk of dit ingekleur is met wit kryt!  Ons was in vervoering. Die punt van die hart het in die rigting gewys waarnatoe ons oppad was. Soos ons verder gery het, het die punt al langer geword en die hart het dwars gedraai. Die laaste foto het ek op die plaas geneem waar ons gaan bly het. Sou Roelof vir God gevra het om vir ons ‘n boodskap te stuur? ‘n Belofte dat ons stukkende harte weer heel sal word? ‘n Belofte dat hy van ons weet en ons sal dra? Dit het ons so geseën, dat ons wonderlike vrede ontvang het daar in Honey Dew se huisie op die plaas. Dit was nie ‘n engel nie, maar ‘n hemelse hart. Liefde aan alle ouers wat al ‘n kind verloor het. Ek het nooit geweet dat dit so hartverskeurend is nie. Roelf, Amanda en Maryke le Roux.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: