23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Woensdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Foto's | Standaardlaaier vir alle slimfone, tablette en skootrekenaars in EU

Standaardlaaier vir alle slimfone, tablette en skootrekenaars in EU

Ingestuur deur: Amore Bekker

Gesien: 1551

Volgens ‘n nuwe wet van die Europese Unie sal alle nuwe slimfone, tablette en kameras van einde 2024 af ‘n gestandardiseerde laaierkabel moet hê.  Dié wet sal slimfoon, skootrekenaar- en kameravervaardigingsmaatskappye verplig om ‘n standaardlaaierkabel te vervaardig. Dit sal slegs in Europa wees. Vervaardigers van skootrekenaars sal van vroeg 2026 af ook tyd gegun word om ook dié voorbeeld te volg. Die grootste impak sal op Apple wees. Die nuwe maatreël sal Apple dwing om sy verouderde Lightning-kabel op sy iPhones te laat vaar, en omskakel na USB-C , wat reeds deur baie van sy mededingers gebruik word. Die wêreld se tweede grootste verkoper van slimfone naas Samsung, gebruik reeds USB-C-kabels op sy iPads en skootrekenaars. Hier is ‘n voorbeeld van ‘n kabellose laaier, die Air Power Wireless Charger. Jy plaas slegs die toestelle op die laaier en dan herlaai die baterrye sonder om ‘n kabel in te druk.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: