Afrikaner-verklaring: ‘Ons is hier om te bly én te bou’

Dis die eerste verklaring van sy soort sedert die aanbreek van demokrasie 30 jaar gelede – die Afrikaner-verklaring wat gister uitgereik is. ‘n Handvol organisasies, waaronder die Solidariteit-beweging, die Afrikanerbond en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, het die verklaring onderteken. Die organisasies sê hulle verteenwoordig nie elke Afrikaner nie, maar verteenwoordig hulle sowat tweemiljoen lede. Ons praat hieroor met dr. Theuns Eloff, ‘n onafhanklike kommentator en fasiliteerder van die Afrikaner-verklaring.