Antjie Krog

Een van die hoogtepunte op die skrywersprogram by die Woordfees is die aanbieding deur die bekroonde en internasionaal bekende skrywer Antjie Krog. Sy het in samewerking met voordragkunstenaars van Kimberley en met die klanke van inheemse instrumente in Afrikaans en die inheemse sustertale, Kwedam, Xhosa en Sesotho voorgedra.