Dana Snyman

Die skrywer Dana Snyman tree op in die produksie HIER HUIL JY NET TWEE KEER by die Woordfees. Dit is die opvolgvertoning van die suksesvolle BABY, AS EK VERBY RY. Die titel van die nuwe verhoogproduksie deur Dana Snyman en Klopjag kom uit die ou gesegde: “Hier huil jy net twee keer, die dag wat jy aankom en die dag wat jy weer moet wegry.” Dit is dan ook waaroor hierdie aanbieding gaan. Dit is saamgestel uit Dana se stories wat handel oor families en hulle huishoudings – die mooi, die humor en die hartseeraspekte daarvan.