Die Woordfees is terug!

Die Woordfees is terug in al sy glorie ná die ontwrigting van die afgelope paar jaar. Volgende week word Stellenbosch omskep in ‘n fees van kleur, klank, redekawel en rumoer. RSG is oudergewoonte met trots deel van die Woordfees, en ons gesels met die feesdirekteur Saartjie Botha oor waarna jy als in die skadu van die Eike kan uitsien.