Gift of the Givers se gyselaar-onderhandelaar

Vir ses jaar lank het hy lang dele sy lewe in Johannesburg op ys gesit om die Al-Kaïda-gevangene, Gerco van Deventer, te bevry deur onderhandeling. Mohammed Yahya Dicko is ‘n ingenieur van Mali. wat al 20 jaar lank in Suid-Afrika bly. Nadat hy Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers op die radio gehoor het, het hy sy dienste as ‘n onderhandelaar aangebied om gyselaars in die onherbergsame Sahara-woestyn te bevry.