Groeipyne 30 Januarie 2020

Baie mense het deesdae hulle kinders heelwat later in hulle lewe, en trou ook op ‘n hoër ouderdom. Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat dit het op die kind en ouer, en watter uitdagings daar is. Mense trou ook vir ‘n tweede of derde keer, en dikwels is daar dan ‘n redelike generasiegaping tussen die eerste sarsie kinders en die volgende, en ook tussen die twee ouers. Hoe beïnvloed dit jou ouerskapstyl en -aanslag?