Leefwêreld van die gestremde 13 Augustus 2023

Fanie du Toit praat met dr. Emile Gouws oor outisme. Hy leef met outisme, en het onlangs ‘n byeenkoms van die Verenigde Nasies bygewoon waar die fokus op die bewusmaking van outisme en die unieke kwaliteite van mense met outisme geval het. Jacqui January gesels met Monica Gerhard, wat Amaliasindroom het – sy is sonder arms en bene gebore. Monica het hulp nodig met mobiliteit, maar doen amper alles op haar eie. Sy werk haar lewe lank, en is steeds baie aktief in haar gemeenskap en help veral mense met gestremdhede.