Magiese mikrofoon – Episode 4

In die vierde aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op humorprogramme. Fanus Rautenbach het geskiedenis gemaak deur die eerste kommersiële ontbytprogram in Afrikaans aan te bied. Hy het die gehoor vermaak met sy pittighede en stuitighede. Hy het ook “gaste” gehad, wat deur die jare kom inloer het. Ons luister na FLINK UIT DIE VERE se sewende verjaarsdagsuitsending. BOG MET BLOU MAANDAG was ewe gewild by luistreaars. Dit was ‘n gedramatiseerde reeks wat allerlei kwessies soos kultuur en die hou van vergaderings spotterdenwys uitgebeeld het. Bekende akteurs soos Miems de Bruyn, Danie Niehaus en Danie Smuts het daarin opgetree. In SKOTE PETOORS is ‘n span se kennis getoets oor beroepe en allerlei ander onderwerpe. Cobus Robinson het dit vir jare lank aangebied. Nog ‘n program waar Fanus Rautenbach uitgeblink het, was STAAL BURGER. Hy het die dramareeks geskryf, en ook as verteller opgetree. ‘n Span helde het onder leiding van Staal Burger het al wat ‘n skelm en boef was, vasgetrek. Die hoofkomponent van die reeks was die byklanke! Leon Schuster het reeds in sy radiodae met sy stuitighede begin. Eers was daar WAAR EN WOLHAAR STORIES en toe VRYPOSTIGE MIKROFOON. In beide gevalle het hy niksvermoedende persone genader met byna onmoontlike situasies. Dit het dikwels tot groot konsternasie gelei en vir heerlike humor gesorg.