MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter – Episode 1

In hierdie eerste episode van F.A. Venter se klassieke topverkoperroman wat vir die eerste keer in 1957 verskyn het, ontmoet ons die sentrale karakters van die verhaal in Cirene, ‘n antieke Griekse stad in die huidige Libië, wat ongeveer in die jaar 630v.C tot stand gekom het: Die forsgeboude, bo-gemiddelde groot en sterk Simon Niger, ‘n Jood van byna 40 jaar oud, wat die bynaam Niger gekry het vanweë sy donker gelaatstrekke; sy deugsame vrou, Debora en Simon se jarelange kneg en vriend, Esegiël. Simon boer met koring, vrugte, olywe en druiwe op die terrasse van Cirene. Die feit dat sy twee seuns, Alexander en Rufus, onderskeidelik op ‘n Romeinse skip werk en in Alexandrië onder die groot Philo Grieks en Latyn studeer, is vir Simon ‘n verleentheid. En boonop stel Debora veels te veel belang in ‘n man wat in Galilea besig is met ‘n nuwe leer wat strydig is met die heilige wet van Israel…