Marie Heese

Die Universiteit Stellenbosch Woordfees bring vanjaar hulde aan die gevierde skrywer, Marie Heese, wat vanjaar 70 word. Sy het diep spore in die onderwys getrap en het aan verskeie tersiêre instellings gedoseer. As woordkunstenaar is sy ewe tuis in Afrikaans en Engels en haar eerste roman AS DIE UURWERK KANTEL het klassieke status bereik. Ná haar aftrede by Unisa het sy na Stilbaai verhuis waar sy ernstig met skeppende skryfwerk begin het.