Monitor 2 Desember 2021 – Deel 2

Die jongste verwikkelinge oor Brittanje se reisbeperkings op Suider-Afrika. Alle vroue-tennistoernooie in Sjina word opgeskort. ‘n Bekende akteur glo dat betrokke pa’s, geweld teen vroue en kinders kan stuit. Die Noordwes Kamer van Handel en Nywerheid sê die belastingstelsel moet hersien word in die lig van die aansienlike skerp stygings in die brandstofprys. Shell sê indien hy die saak verloor oor sy seismiese opname aan die Wildekus, sal dit ‘n reuse geldelike verlies wees en sal hy die projek moontlik heeltemal moet staak.