Oos-Kaapse aasvoëlpaar bring vreugde

Die groot Vulpro-aasvoëltrek van Noordwes na die Shamwari Wildreservaat, het ook Mr G en Ms V, twee kransaasvoëls oorspronklik uit die Oos-Kaap, ingesluit. Nou het dié twee tot almal se grootste verbasing ’n eier gelê, lank voor enige eier in die nuwe tuiste verwag is. Mariska Spoormaker het met Kate Webster, Oos-Kaapse aasvoël-rehabiliteerder oor Mr G en Miss V gepraat.