Palestynse ambassadeur oor oorlog in Israel en Palestina

Die dodetal in die bloedige oorlog tussen Hamas en Israel styg steeds. In Gaza, vanwaar Hamas duisende missiele op Israel afskiet, sê die Palestynse owerheid, is meer as 2 600 mense dood. Volgens die Israelse weermag staan die dodetal onder Israelse burgers op meer as 1 400. Die afgelope naweek het leiers van die streek met mekaar én met die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, vergader. Die ministers van buitelandse sake van Libanon en Iran het vergader, terwyl ‘n senior Hamas-leier in Katar met die Iranese minister van buitelandse sake vergader het. Ons praat met die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Hanan Jarrar.